Genesis 41: 33“Ek beveel aan dat u ‘n verstandige en wyse man kies en hom in beheer plaas van die hele Egipte. 34Die farao moet dít doen: u moet beamptes vir die hele land aanstel en die land tydens die sewe jaar van oorvloed behoorlik organiseer. 35Hulle moet al die graan van die goeie jare wat aan die kom is, insamel en dit in graanskure bêre en bewaak sodat daar kos tot u beskikking is. 36Die graan moet vir die land in reserwe gehou word, dit moet vir die sewe jaar van hongersnood beskikbaar wees in Egipte. Dan sal die hongersnood nie die land uitroei nie.”
37Die farao en al sy amptenare het Josef se raad goedgevind.
Psalms 90:
9 Onder u toorn vlieg ons dae
en skiet ons jare verby soos ‘n gedagte.
10 Ons lewe maar sewentig jaar,
of, as ons baie sterk is, tagtig,
en dié is vol swaarkry en leed.
Dit is gou verby,
ons vlieg na ons einde toe.