Die video sal beskikbaar word sodra die lewendige uitsending begin. Dit is gewoonlik 5-10 minute voor die diens.
Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon. Besoek die web op u selfoon, kies die gepaste preek en maak gebruik van die sosiale meda skakels om dit te versprei. ONTHOU: Druk op die oranje klokkie links onder om kennisgewing van nuwe items op die NGV Web te ontvang op u rekenaar en selfoon! Onthou om u internetleser (browser) en u selfoon se “notification” verstellings aan te pas om boodksappe van www.ngv.co.za te ontvang
Teks: Genesis 41
33 “Ek beveel aan dat u ‘n verstandige en wyse man kies en hom in beheer plaas van die hele Egipte. 34 Die farao moet dít doen: u moet beamptes vir die hele land aanstel en die land tydens die sewe jaar van oorvloed behoorlik organiseer. 35 Hulle moet al die graan van die goeie jare wat aan die kom is, insamel en dit in graanskure bêre en bewaak sodat daar kos tot u beskikking is. 36 Die graan moet vir die land in reserwe gehou word, dit moet vir die sewe jaar van hongersnood beskikbaar wees in Egipte. Dan sal die hongersnood nie die land uitroei nie.”
37 Die farao en al sy amptenare het Josef se raad goedgevind. 38 Toe sê die farao vir sy amptenare: “Waar kry ons so iemand, ‘n man met die verstand van ‘n god?”
39 Die farao het daarop vir Josef gesê: “God het jou dit alles bekend gemaak. Daaruit is dit duidelik dat niemand soveel verstand en wysheid as jy het nie. 40 Ek stel jou aan oor my paleis.
“My volk moet jou gehoorsaam. Net ek sal meer mag hê as jy.”
41 Die farao het verder nog vir Josef gesê: “Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipte.”
42 Toe haal die farao sy seëlring af en steek dit aan Josef se vinger. Die farao het vir Josef linneklere laat aantrek en ‘n goue ketting om sy nek gehang 43 en hom laat ry op die tweede beste wa van die farao. Daar is voor Josef uitgeroep: “Betoon hom eer!”
So is Josef oor die hele Egipte aangestel.