ROEPING STELLING
NG Villieria wil ‘n hand van liefde en hoop wees in die wêreld waar ons leef, werk en speel. Ons glo ons is geroep om ‘n OMGEEKERK te wees. Die Here het deur verskeie maniere vir ons gewys dat Hy ons besonderlik wil gebruik om mense in nood raak te sien en te help. Ons rol is om mense te help om deel van die oplossings te word. Ons wil saam met ander die uitdagings van ons tyd aanspreek en uitreik en aanraak waar mense liefde en hoop nodig het. Ons nooi almal wat God se liefde beleef het om saam met ons op God se reis te gaan.Hier is almal welkom want ons glo God se hart is oop en het plek vir almal. Ons is ‘n NG Kerk wat in ons eie unieke situasie die verskeidenheid mense wat ons pad kruis wil bedien en wil deel maak van God se familie. Daarom is verhoudings vir ons baie belangrik. Ons glo God kan ons as die plaaslike gemeente gebruik om Sy antwoord vir Villieria en die wêreld te wees.

Laai Die Gids Af Sondag 23 Augustus09:00 Erediens: Ds Anru Liebenberg09:00 Ignite Kidz – In die saal.17:00 Ignite Jeugselle (Gr7-11)18:30 Echo – diensWoensdag 26 Augustus – 09:30 – Senior Bordspeletjies.Donderdag 27 Augustus – 09:30 – Senior BybelstudieSondag 30 Augustus – Poeding-SondagBring jou geld saam, en kom koop heerlike poedings na die erediensom saam met jul…
Laai die Gids Af Sondag 16 Augustus09:00 Erediens: Ds Surina van der BergIntreepreek09:00 Ignite Kidz – In die saal.17:00 Ignite Jeugselle (Gr7-11)18:30 Echo – diensWoensdag 19 Augustus – 09:30 – Senior Bordspeletjies.Donderdag 20 Augustus – 09:30 – Senior Bybelstudie Verwelkoming Ons is opgewonde daaroor dat Ds. Surina van der Berg DV word op 1 Augustus…
