ROEPING STELLING

NG Villieria wil ‘n hand van liefde en hoop wees in die wêreld waar ons leef, werk en speel. Ons glo ons is geroep om ‘n OMGEEKERK te wees. Die Here het deur verskeie maniere vir ons gewys dat Hy ons besonderlik wil gebruik om mense in nood raak te sien en te help. Ons rol is om mense te help om deel van die oplossings te word. Ons wil saam met ander die uitdagings van ons tyd aanspreek en uitreik en aanraak waar mense liefde en hoop nodig het. Ons nooi almal wat God se liefde beleef het om saam met ons op God se reis te gaan.Hier is almal welkom want ons glo God se hart is oop en het plek vir almal. Ons is ‘n NG Kerk wat in ons eie unieke situasie die verskeidenheid mense wat ons pad kruis wil bedien en wil deel maak van God se familie. Daarom is verhoudings vir ons baie belangrik. Ons glo God kan ons as die plaaslike gemeente gebruik om Sy antwoord vir Villieria en die wêreld te wees.

Erediens logo

Program van die week: 11 Oktober 2026

Laai Die Gids Af Sondag 11 Oktober09:00 Erediens: Ds Anru Liebenberg09:00 Ignite Kidz – In die saal.17:00 Ignite Jeugselle (Gr7-11)18:30 Echo – diensWoensdag 14 Oktober – 09:30 – Senior Bordspeletjies.Donderdag 15 Oktober – 09:30 – Senior Bybelstudie Lees hier hoe om ‘n skakel na die NGV web op u foon se tuisskerm te sit 4de…

Die Gids inligting

Program van die week: 20 September 2026

Laai Die Gids Af Sondag 20 September09:00 Erediens: Ds Anru Liebenberg40 Dae Reeks – Week 6, Tema: Asemhaalruimte: waarvoor?Gesamentlike nagmaal(plaas asb die nagmaalglasies in die mandjies by die deure as u uitstap)18:00 Ignite & Echo. Gesamentlike diens.Woensdag 23 September09:30 – Senior Bordspeletjies. 40 Dae Reeks: Week 6 Sondag 20 September Week 6: Asemhaalruimte: waarvoor? Kerkkantoor…