Wie ons is

Ons webtuiste is: https://www.ngv.co.za.

Watter persoonlike inligting ons insamel en hoekom ons dit insamel

Kommentare

Wanneer besoekers kommentaar lewer op die webblad versamel ons die inligting aangedui in die kommentaarvorm, asook die besoeker se IP adres en blaaiergebruikersagentstring. Die kommentaar word gemodereer voordat dit geplaas word ten einde te verseker dit is belyn met die NG Villieria Gemeente se waardes en roeping.

Media

Indien foto’s of videos van kerklike aktiwiteite opgelaai word op die web of op YouTube, behou die NG Villieria Gemeente die reg voor om die media te vertoon op die elektroniese platforms. Hierdie reg sluit nie sensitiewe of kwesbare persone in nie. Gemeentelede het die reg om ‘n versoek te rig om enige foto of videos te laat verwyder aangesien enige besoeker aan die webblad of YouTube die inligting van foto’s en videos op die webblad kan aflaai.

Web kennisgewings

Ons verskaf nuus en kennisgewings deur middel van web kennisgewing sagteware. Gebruikers word gevra om vrywillig te registreer om kennisgewings te ontvang op hul internetleser of selfoon wanneer die NG VIllieria webblad besoek word. Die navigasie data wat gestoor word ten einde suksesvol kennisgewings te vertoon is anonieme data en word vir ‘n tydperk van 90 dae gestoor en nie aan enige derde party beskikbaar gestel nie. Geen herkenbare data of IP adres data word gestoor wat ‘n individu kan identifiseer nie. Gebruikers is vry om enige tyd te de-registreer en om hul web data te bestuur.

Kontakvorm

Die enkele kontakvorm op die webblad het ‘n meerdoelige funksie. Gebruikers daarvan gee toestemming aan die NG Villieria Gemeente om enige persoonlike inligting te gebruik ten einde daarop te reageer.

Koekies

Indien u ‘n kommentaar op ons webblad los kan u kies om jou naam, eposadres en webblad in koekies op u internetleser gestoor. Dit is daar vir u gemak, sodat u nie weer hierdie besonderhede hoef in te vul wanneer u weer kommentaar lewer nie. Hierdie koekies word deur u beheer op u rekenaar.

Ingevoegde inligting van ander webwerwe

Artikels op hierdie webblad kan ingevoegde inhoud (byvoorbeel video’s, foto’s, artikels, ens.) insluit. Ingevoegde inhoud van ander webblaaie gedra hul in presies dieselfde manier asof die besoeker die ander webblad besoek het.

Hierdie webwerwe kan inligting oor besoeke versamel, koekies gebruik, addisionele derdeparty volgdienste invoeg, enu interaksie met daardie in gevoegde inhoud monitor.

Analitiese dienste

Die NG Villieria webtuiste hou rekord van u besoeke vir analitiese doeleindes.

Met wie ons u inligting deel

Ons deel geen persoonlike inligting met enige derde party nie

Hoe lank ons u kommentare behou

Indien u kommentaar los, word die kommentaar en die kommentaar se metadata vir ten minste een jaar behou.

Watter regte het ons oor u inligting

U kan enige tyd ‘n versoek rig aan NG Villieria om u persoonlike inligting soos byvoorbeeld fotos van die kerk se webtuiste databasis te verwyder. By bestek dra die webtuiste geen persoonlike inligting

Die selfoon en web kennisgewing-, en die elektroniese Gids funksies stel u instaat om te de-registreer. Vir die verwydering van enige ander persoonlike inligting kan u ook die kerkkantoor per e-pos kontak. Dit sluit nie inligting in wat ons verplig is om te behou vir administratiewe, wetlike, of sekuriteitsdoeleindes nie.

Om in te teken en om Die Gids of kennisgewings te ontvang of deur middel van die NG Villieria webtuiste met die kerk per epos te korrespondeer, gee u vir NG Villieria toestemming om u persoonlike e-pos en selfoon inligting te gebruik om gereelde kerklike inligting met u te deel.

Waarheen ons u inligting stuur

NG Villieria Gemeente voldoen aan die toepaslike privaat regulasies en sal u persoonlike inligting nie vir ander doeleindes gebruik, verkoop of versprei nie.

U kontak besonderhede

Die NG Villieria webblad dra geen persoonlike kontak besonderhede van enige gemeentelid. Persoonlike kontak besonderhede word gestoor in die elektroniese Gids funksie wat deur die gebruiker voorsien is, en verwyder kan word.

Bykomende inligting

Die NG Villieria gemeente het die reg om ter enige tyd enige geplaasde inskrywings op die webtuiste en op die sosiale media platforms van die Gemeente te verwyder indien dit nie ooreenstem met die waardes en roeping van die NG Villieria Gemeente.

Hoe ons jou inligting beskerm?

Watter prosedures ons in plek het in geval van ongemagtigde toegang tot inligting?

Die elektroniese Gids en kennigewings funksies voldoen aan streng internasionale privaatheids regulasies insluitendie die European Union General Data Protection Regulation (EU GDPR)

Van watter derdepartye ontvang ons inligting?

Die NG Villieria webblad ontvang toepaslike inligting van die E-Kerk webblad, en die Facebook bladsy van die Gemeente.

Watter outomatiese besluitneming en/of profilering ons doen met gebruikersdata?

Die elektroniese Gids en kennisgewing funksie kategoriseer gebruikers gebaseer op hul interaksie met die die platforms ten einde die NG Villieria Gemeente instaat te stel om kommunikasie met ingeskryfde lede te verbeter. Geen outomatiese besluitneming word geneem nie