Die video sal beskikbaar word sodra die lewendige uitsending begin. Dit is gewoonlik 5-10 minute voor die diens.
Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon. Besoek die web op u selfoon, kies die gepaste preek en maak gebruik van die sosiale meda skakels om dit te versprei. ONTHOU: Druk op die oranje klokkie links onder om kennisgewing van nuwe items op die NGV Web te ontvang op u rekenaar en selfoon! Onthou om u internetleser (browser) en u selfoon se “notification” verstellings aan te pas om boodksappe van www.ngv.co.za te ontvang
Teks: Psalm 16
Niks goeds nie behalwe by God
1 ‘n Gedig van Dawid.
Neem my in beskerming, o God;
ek soek skuiling by U.
2 Ek het vir die Here gesê:
“Ek behoort aan U,
daar is vir my niks goeds nie behalwe by U.
3 Die afgode in die land, so aantreklik vir baie –
met hulle wil ek niks te doen hê nie.
4 Mag elkeen wat ‘n ander god vereer, baie smart beleef.
Vir afgode sal ek nie bloedoffers uitgiet nie,
hulle name sal ek nie op my lippe neem nie.”
5 Here, U is my lewe, U sorg vir my.
Wat ek ontvang, kom alles van U af.
6 ‘n Pragtige deel is vir my afgemeet,
ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.
7 Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het;
selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer.
8 Ek het die Here altyd by my:
omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.
9 Daarom is ek bly en juig ek
en voel ek my veilig.
10 U gee my nie oor aan die dood nie.
U laat u troue dienaar nie in die graf kom nie.
11 U leer my hoe om te lewe.
By U is daar oorvloedige blydskap.
Uit u hand kom net wat mooi is.
Teks en visuele opsomming op Bladsy 2