Genesis 2: 2 Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het. 3 Hy het die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag het Hy gerus na al die skeppingswerk wat Hy gedoen het.
Jona 1
16 Die manne het toe baie bang geword vir die Here en hulle het vir Hom ‘n offer gebring en geloftes afgelê.
Hulp kom net van die Here af
17 Toe stuur die Here ‘n groot vis om vir Jona in te sluk, en hy was drie dae en nagte in die vis se maag.