Meer besonderhede volg gereeld. Besoek die bladsy gereeld

Wat Sien Jesus: 40 Dae reeks Augustus – September 2022

14 Aug–18 Sept

LAAI DIE WEEK SE TEMA AF:

WEEK 1: Wat sien Jesus: as hy na my kyk (KLEUR) (SWART EN WIT) / WEEK 1: Goddelike lees (KLEUR) (SWART EN WIT)

WEEK 2:

Afskop van ons 40 dae Reeks – Wat sien Jesus
Ons is baie opgewonde oor die 6 weke!
Eredienste, kinderkerk, Aanddiens, kleingroepe en selgroepe gebruik dieselfde temas.
Bid asb. vir ’n besondere groeityd vir ons gemeente. Maak seker jy kry die materiaal.
Ons deel dit van 14 Augustus af uit by die deure. Word deel van ’n selgroep vir die 6 weke. Gee jul name op. Kom ons praat! Deel gerus jou ervaring op die web by elke preek.

Ons dominees nooi jou en jou mense, kinders ingesluit, om saam te kuier oor die temas van die 40 dae. Hierdie kuiers oor die tema van die week is slegs vir die volgende 6 weke. Daar kan selgroepe daaruit vorm wat daarna voortgaan.

Dinsdagaand 19:00 by die kerk gaan ons in groepe praat oor die tema van die week. Almal baie welkom.  
(As jy deel wil wees van ’n nuwe selgroep is dit die plek om te begin. Ons sal daar verder praat)

0 Kommentare

Lewer Kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Captcha loading...