Sondag 20 September
09:00 Erediens: Ds Anru Liebenberg
40 Dae Reeks – Week 6, Tema: Asemhaalruimte: waarvoor?
Gesamentlike nagmaal
(plaas asb die nagmaalglasies in die mandjies by die deure as u uitstap)
18:00 Ignite & Echo. Gesamentlike diens.
Woensdag 23 September
09:30 – Senior Bordspeletjies.
40 Dae Reeks: Week 6 Sondag 20 September

Week 6: Asemhaalruimte: waarvoor?
Kerkkantoor
Neem asb kennis dat die kerkkantoor gesluit is vanaf 24 September tot
4 Oktober, ds Surina is steeds aan diens en kan gekontak word.
Daar sal ook geen Gids wees op Sondag 27 September of 4 Oktober nie. Die Kerkkantoor se NUWE whatsapp nommer is: 072 701 9651
Lees hier hoe om ‘n skakel na die NGV web op u foon se tuisskerm te sit
NUWE lIDMATE:
Baie welkom aan alle besoekers. Indien jul lidmate van ons gemeente wil word, stuur asb ’n epos na ngvillieria@gmail.com of besoek die inligtingstafel na die diens
Bybels
Daar is gratis Bybels in die ingangsportale vd kerk beskikbaar. Neem gerus een en gee dit aan iemand wat soek. Bring asb ook jou “ekstra” Bybels wat jy wil skenk en sit dit daar neer.
Lentefees
Baie dankie aan elkeen wat deelgeneem het aan die Pik & Proe ! Of jy deel van ‘n land was met heerlike kos en lekker gees, of net gekom het en saam gekuier en geëet het, dit was
weereens ‘n reuse sukses!