Radikale Gasvryheid

Radikale Gasvryheid is ’n vierdelige reeks (afskop 25 Januarie) wat ons nooi om gasvryheid nie bloot as ’n vriendelike daad te sien nie, maar as ’n diep, lewensveranderende reaksie op God se genade. In hierdie reeks ontdek ons hoe God ons eerste en radikaal verwelkom het deur Jesus Christus, en hoe daardie genade ons vorm en uitnooi tot ’n lewe van groei en oorgawe. Ware gasvryheid begin waar ons die deur van ons harte weer oopmaak—om God se liefde te ontvang, en van daar af ’n gemeente en gemeenskap te word wat ruimte maak vir ander en vir God se transformerende werk in en deur ons.
As jy by ‘n groep wil aansluit vir die duur van die reeks, maak gerus met ons kontak! WhatsApp: (0727461993)