Die video sal beskikbaar word sodra die lewendige uitsending begin. Dit is gewoonlik 5-10 minute voor die diens.
Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon. Besoek die web op u selfoon, kies die gepaste preek en maak gebruik van die sosiale meda skakels om dit te versprei. ONTHOU: Druk op die oranje klokkie links onder om kennisgewing van nuwe items op die NGV Web te ontvang op u rekenaar en selfoon! Onthou om u internetleser (browser) en u selfoon se “notification” verstellings aan te pas om boodksappe van www.ngv.co.za te ontvang
Navigeer na badsy 2 vir teks en visuele opsomming
Teks: Psalms 90
Van ewigheid tot ewigheid is U God
1 ‘n Gebed van Moses, die man van God.
Here, U was vir ons ‘n toevlug
van geslag tot geslag.
2 Voordat die berge gebore is,
voordat U die wêreld voortgebring het,
ja, van ewigheid tot ewigheid is U God!
3 U laat die mens sterwe:
U sê net: “Word weer stof!”
4 Duisend jaar is vir U soos gister as dit verby is,
soos een enkele wagbeurt in die nag.
5 U maak ‘n einde aan ‘n mens,
hy gaan die doodslaap in.
Hy is soos gras wat in die môre afgesny word:
6 in die môre is dit nog groen, maar dit word afgesny
en teen die aand is dit verlep en dit verdroog.
7 Ons vergaan onder u toorn,
ons gaan te gronde onder u gramskap.
8 U sien ons oortredinge raak,
U bring die sondes wat ons wou wegsteek, aan die lig.
9 Onder u toorn vlieg ons dae
en skiet ons jare verby soos ‘n gedagte.
10 Ons lewe maar sewentig jaar,
of, as ons baie sterk is, tagtig,
en dié is vol swaarkry en leed.
Dit is gou verby,
ons vlieg na ons einde toe.
11 Wie ken die krag van u toorn beter as u dienaars?
Wie ken u gramskap beter?
12 Leer ons ons dae so gebruik
dat ons wysheid bekom.
13 Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom?
Ontferm U tog oor ons.
14 Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed,
dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees.