Psalms 90:
9 Onder u toorn vlieg ons dae
en skiet ons jare verby soos ‘n gedagte.
10 Ons lewe maar sewentig jaar,
of, as ons baie sterk is, tagtig,
en dié is vol swaarkry en leed.
Dit is gou verby,
ons vlieg na ons einde toe.
Matt 4:
10 Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: “Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” 11 Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg.