ROEPING STELLING

NG Villieria wil ‘n hand van liefde en hoop wees in die wêreld waar ons leef, werk en speel. Ons glo ons is geroep om ‘n OMGEEKERK te wees. Die Here het deur verskeie maniere vir ons gewys dat Hy ons besonderlik wil gebruik om mense in nood raak te sien en te help. Ons rol is om mense te help om deel van die oplossings te word. Ons wil saam met ander die uitdagings van ons tyd aanspreek en uitreik en aanraak waar mense liefde en hoop nodig het. Ons nooi almal wat God se liefde beleef het om saam met ons op God se reis te gaan.Hier is almal welkom want ons glo God se hart is oop en het plek vir almal. Ons is ‘n NG Kerk wat in ons eie unieke situasie die verskeidenheid mense wat ons pad kruis wil bedien en wil deel maak van God se familie. Daarom is verhoudings vir ons baie belangrik. Ons glo God kan ons as die plaaslike gemeente gebruik om Sy antwoord vir Villieria en die wêreld te wees.

Die Gids inligting

Program van die Week: 9 Augustus 2026

Laai die Gids Af Sondag 09 Augustus09:00 Erediens: Ds Jaco StrydomWoensdag 12 Augustus – 09:30 – Senior Bordspeletjies.Donderdag 13 Augustus – 09:30 – Senior Bybelstudie Verwelkoming Ons is opgewonde daaroor dat Ds. Surina van der Berg DV word op 1 Augustus formeel deel van ons leraarspan. Sondag 16 Augustus is haar intreepreek, en na afloop…

Die Gids inligting

Program van die week: 2 Augustus 2026

Laai die Gids Af Sondag 02 Augustus09:00 Erediens: Ds Anru LiebenbergTeks: Joh. 12:1-809:00 Ignite Kidz – In die saal.17:00 Ignite Jeugselle (Gr7-11)18:30 Echo – diensWoensdag 05 Augustus – 09:30 – Senior Bordspeletjies.Donderdag 06 Augustus – 09:30 – Senior Bybelstudie Verwelkoming Ons is opgewonde daaroor dat Ds. Surina van der Berg DV word op 1 Augustus…