ROEPING STELLING

NG Villieria wil ‘n hand van liefde en hoop wees in die wêreld waar ons leef, werk en speel. Ons glo ons is geroep om ‘n OMGEEKERK te wees. Die Here het deur verskeie maniere vir ons gewys dat Hy ons besonderlik wil gebruik om mense in nood raak te sien en te help. Ons rol is om mense te help om deel van die oplossings te word. Ons wil saam met ander die uitdagings van ons tyd aanspreek en uitreik en aanraak waar mense liefde en hoop nodig het. Ons nooi almal wat God se liefde beleef het om saam met ons op God se reis te gaan.Hier is almal welkom want ons glo God se hart is oop en het plek vir almal. Ons is ‘n NG Kerk wat in ons eie unieke situasie die verskeidenheid mense wat ons pad kruis wil bedien en wil deel maak van God se familie. Daarom is verhoudings vir ons baie belangrik. Ons glo God kan ons as die plaaslike gemeente gebruik om Sy antwoord vir Villieria en die wêreld te wees.

Die Gids inligting

Program van die Week: 5 Julie 2026

Laai die Gids Af Sondag 05 Julie09:00 Erediens: Masurick vd Walt Neem kennis: Ds Jaco is met verlof tot 10 Julie, en ds Anru tot 12 Julie, kontak asb die kerkkantoor vir enige navrae.(ngvillieria@gmail.com of whatsapp 072 746 1993).Die kerkkantoor sal gesluit wees vanaf 13-17 Julie. Die dominees is steeds aan diens en beskikbaar indien…

Die Gids inligting

Program van die Week: 28 Junie 2026

Laai die Gids Af Sondag 28 Junie 09:00 Erediens: Ds Jaco Strydom Lees hier hoe om ‘n skakel na die NGV web op u foon se tuisskerm te sit Beroep Ds. Surina van der Berg is op 7 Junie na Villieria beroep.Bid asb. saam met haar en Diederick vir duidelike leiding hieroor.Hulle sal DV 28…