Handelinge 17
24 God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het, Hý is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie. 25 Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee.
Psalm 33
4 Wat die Here sê, gebeur,
alles wat Hy doen, staan vas.
5 Hy het geregtigheid en reg lief,
die hele wêreld is vol van die Here se troue liefde.