Die video sal beskikbaar word sodra die lewendige uitsending begin. Dit is gewoonlik 5-10 minute voor die diens.
Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon. Besoek die web op u selfoon, kies die gepaste preek en maak gebruik van die sosiale meda skakels om dit te versprei. ONTHOU: Druk op die oranje klokkie links onder om kennisgewing van nuwe items op die NGV Web te ontvang op u rekenaar en selfoon! Onthou om u internetleser (browser) en u selfoon se “notification” verstellings aan te pas om boodksappe van www.ngv.co.za te ontvang
Teks: Psalm 33
Die Here sorg
1 Jubel in die Here, regverdiges,
sing ‘n loflied, opregtes!
2 Loof die Here met die lier,
speel vir Hom op die harp!
3 Sing vir Hom ‘n nuwe lied,
speel met volle oorgawe, jubel dit uit!
4 Wat die Here sê, gebeur,
alles wat Hy doen, staan vas.
5 Hy het geregtigheid en reg lief,
die hele wêreld is vol van die Here se troue liefde.
6 Deur die woord van die Here is die hemele gemaak,
deur sy bevel al die hemelliggame.
7 Hy het die seewater laat saamkom soos in ‘n dam,
die groot waters op een plek opgegaar.
8 Die hele aarde moet die Here vrees,
al die bewoners van die wêreld moet vir Hom ontsag hê,
9 want Hy het gepraat en dit was so,
Hy het beveel en dit was daar.
10 Die Here verydel die planne van die nasies,
Hy laat hulle besluite op niks uitloop.
Teks en Visuele Opsomming
Die inhoud hieronder is deur Kunsmatige Intelligensie geskep om te dien as gestruktureerde samevattende teks en visuele opsomming en poog om daardeur van waarde te wees vir beter konteks, begrip en refleksie. Advies: Hou die teks byderhand indien daar na die preek geluister of gekyk word.