Die video sal beskikbaar word sodra die lewendige uitsending begin. Dit is gewoonlik 5-10 minute voor die diens.
Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon. Besoek die web op u selfoon, kies die gepaste preek en maak gebruik van die sosiale meda skakels om dit te versprei. ONTHOU: Druk op die oranje klokkie links onder om kennisgewing van nuwe items op die NGV Web te ontvang op u rekenaar en selfoon! Onthou om u internetleser (browser) en u selfoon se “notification” verstellings aan te pas om boodksappe van www.ngv.co.za te ontvang
Teks: Psalms 32
U het my skuld vergewe
1 ‘n Gedig van Dawid.
Dit gaan goed met die mens
wie se oortredings nie gestraf word nie,
wie se sonde vergewe word.
2 Dit gaan goed met die mens
vir wie die Here die oortreding nie toereken nie
en in wie se gees daar geen valsheid is nie.
3 Toe ek oor my sonde geswyg het,
het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het.
4 U hand het dag en nag swaar op my gedruk,
my krag het opgedroog soos water in somerhitte. Sela
5 Toe het ek my sonde bely,
my oortreding nie weggesteek nie.
Ek het gesê:
“Voor die Here bely ek my opstandigheid;”
en U het my skuld vergewe. Sela
6 Dit is waarom elke gelowige in ‘n tyd van nood tot U bid;
selfs vloedwaters sal hom nie skielik oorval nie.
7 U is vir my ‘n skuilplek,
U beskerm my teen aanvalle,
U laat my oorwinningsliedere sing. Sela
8 Ek wil jou onderrig
en jou die pad leer wat jy moet volg.
Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou.
9 Moenie onverstandig wees nie, soos ‘n perd of ‘n muil
wat met ‘n stang in die bek beteuel moet word as jy hom wil lei.
10 Die goddelose het baie smarte,
maar wie op die Here vertrou,
dié omvou Hy met sy liefde.
11 Verbly julle in die Here en juig, regverdiges,
jubel, alle opregtes.
Teks en Visuele Opsomming
Die inhoud hieronder is deur Kunsmatige Intelligensie geskep om te dien as gestruktureerde samevattende teks en visuele opsomming en poog om daardeur van waarde te wees vir beter konteks, begrip en refleksie. Advies: Hou die teks byderhand indien daar na die preek geluister of gekyk word.