Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon. Besoek die web op u selfoon, kies die gepaste preek en maak gebruik van die sosiale meda skakels om dit te versprei. ONTHOU: Druk op die oranje klokkie links onder om kennisgewing van nuwe items op die NGV Web te ontvang op u rekenaar en selfoon! Onthou om u internetleser (browser) en u selfoon se “notification” verstellings aan te pas om boodksappe van www.ngv.co.za te ontvang
Kyk na die lewendige uitsending op hierdie bladsy of besoek die NGV YouTube Kanaal om na die uitsending daar te kyk
Die video sal beskikbaar word sodra die lewendige uitsending begin. Dit is gewoonlik 5-10 minute voor die diens.
Teks: Prediker 4
Ook dit is ‘n gejaag na wind.
7 Ek het in hierdie wêreld nog meer gesien wat tot niks kom nie: 8daar was ‘n man wat alleen was, sonder seun of broer. Tog was daar nie ‘n einde aan al sy inspanning nie en was hy steeds op soek na meer rykdom. Hy moes later sê: “Vir wie sloof ek my af en ontsê ek my die aangename dinge?”
Ook hier kom dit tot niks.
Dit bly ‘n harde saak.
Twee vaar beter as een
9 Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. 10As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. 11 As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe sal een wat alleen is, warm word? 12 Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie.
Verstandig en dwaas
13 ‘n Jongman wat arm is maar verstandig,
is beter as ‘n koning wat oud is maar dwaas
en hom nie meer wil laat waarsku nie.
14 ‘n Jongman het uit die tronk gekom en koning geword alhoewel hy arm gebore is in die koninkryk van sy voorganger. 15 Ek het gesien dat al wat lewe in hierdie wêreld hulle skaar aan die kant van die jongman wat die koning se plek ingeneem het. 16 Die mense oor wie hy geregeer het, was te veel om te tel. Tog het die nageslag nie met vreugde aan hom gedink nie.
Ook hier kom dit dus tot niks.
Dit is ‘n gejaag na wind.
Wees baie versigtig!
17 Wees baie versigtig as jy na die huis van God toe gaan. Dit is beter om nader te kom en te luister as om jou offer te bring soos ‘n dwaas dit sou doen. ‘n Dwaas kan niks anders doen as kwaad nie.