Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon. Besoek die web op u selfoon, kies die gepaste preek en maak gebruik van die sosiale meda skakels om dit te versprei. ONTHOU: Druk op die oranje klokkie links onder om kennisgewing van nuwe items op die NGV Web te ontvang op u rekenaar en selfoon! Onthou om u internetleser (browser) en u selfoon se “notification” verstellings aan te pas om boodksappe van www.ngv.co.za te ontvang
Kyk na die lewendige uitsending op hierdie bladsy of besoek die NGV YouTube Kanaal om na die uitsending daar te kyk
Die video sal beskikbaar word sodra die lewendige uitsending begin. Dit is gewoonlik 5-10 minute voor die diens.
Teks: Prediker 1: 1-14
Die wêreld bly altyd dieselfde
1 Woorde van die Prediker, seun van Dawid en koning in Jerusalem.
2 Alles kom tot niks, sê die Prediker, tot niks.
3 Wat kry die mens vir sy geswoeg,
sy geswoeg in hierdie wêreld?
4 Geslagte kom en geslagte gaan,
maar die wêreld bly altyd dieselfde.
5 Die son kom op, die son gaan onder,
en dan haas hy hom weer na waar hy opkom.
6 Die wind waai suid, draai noord,
waai hierheen en daarheen
en dan draai hy maar weer.
7 Al die riviere loop in die see in,
maar die see word nooit vol nie.
Die riviere hou aan om te loop
na die plek toe waarheen hulle altyd geloop het.
8 Woorde vervaag mettertyd,
en ‘n mens kry nie klaar met praat nie.
Die oog kyk, maar kry nie klaar met kyk nie;
die oor hoor, maar kry nie klaar met hoor nie.
9 Wat was, sal weer wees;
wat gebeur het, sal weer gebeur.
Daar is niks nuuts in hierdie wêreld nie.
10 Kan jy van iets sê dit is nuut?
Nee, dit was lankal daar,
lank voor ons tyd.
11 Wat verby is, word vergeet,
en ook wat later kom,
sal vergeet word deur dié wat daarna kom.
Baie wysheid stel hoë eise
12 Ek, die Prediker, was koning oor Israel in Jerusalem. 13 Ek het my daarop toegelê om alles wat in hierdie wêreld gebeur, te ondersoek en behoorlik te deurdink. Ek het bevind: God het ‘n harde taak aan die mens gegee om hom mee besig te hou.
14 Ek het alles wat in hierdie wêreld gebeur, bekyk:
alles kom tot niks, dit is ‘n gejaag na wind.