Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon. Besoek die web op u selfoon, kies die gepaste preek en maak gebruik van die sosiale meda skakels om dit te versprei. ONTHOU: Druk op die oranje klokkie links onder om kennisgewing van nuwe items op die NGV Web te ontvang op u rekenaar en selfoon! Onthou om u internetleser (browser) en u selfoon se “notification” verstellings aan te pas om boodksappe van www.ngv.co.za te ontvang
Kyk na die lewendige uitsending op hierdie bladsy of besoek die NGV YouTube Kanaal om na die uitsending daar te kyk
Die video sal beskikbaar word sodra die lewendige uitsending begin. Dit is gewoonlik 5-10 minute voor die diens.
Teks: Prediker 9
1 Dit alles het ek ter harte geneem en ek het bevind:
God regeer oor dié wat reg doen en wysheid het, en oor wat hulle doen. Niemand weet of daar vir hom liefde of haat wag nie.
2 Een en dieselfde lot tref almal:
die regverdige en die goddelose,
die goeie, die reine en die onreine,
die een wat offer en die een wat nie offer nie.
Soos dit met die goeie gaan, so gaan dit met die sondaar,
soos dit gaan met die een wat ‘n eed aflê,
so gaan dit met hom wat weier om ‘n eed af te lê.
3 Die ellende met alles wat in hierdie wêreld gebeur, is dat dieselfde lot almal tref. Die hart van die mens is vol boosheid; die dwaasheid bly hom sy lewe lank by, en sy einde is die dood.
4 Solank jy onder die lewendes is, het jy hoop.
‘n Hond wat lewe, is beter as ‘n leeu wat dood is.
5 Dié wat lewe, weet hulle sal doodgaan, maar die dooies weet niks;
daar wag vir hulle niks meer nie, hulle is vergeet;
6 dit is klaar met hulle liefde, hulle haat en hulle hartstog.
Hulle sal nooit weer deel hê aan wat in hierdie wêreld gebeur nie.
7 Eet dus jou brood met vreugde,
drink jou wyn met ‘n bly gemoed;
God het lankal reeds goedgekeur wat jy doen.
9 Wat die mens het, is beter as wat hy begeer. Ook hier kom dit tot niks.
Dit is ‘n gejaag na wind. 10 Wat ‘n mens is, word reeds met die naam mens gesê, dit is bekend wat hy is: hy is mens. Hy kan nie ‘n regstryd voer met die Een wat sterker as hy is nie. 11 Hoe meer woorde, hoe meer kom dit tot niks. Wat baat dit die mens? 12 Wie weet wat vir die mens goed is in die lewe, in die dae wat tot niks lei nie, wat hy soos ‘n skaduwee deurbring? Wie kan vir ‘n mens sê wat ná hom in hierdie wêreld sal gebeur?