OPENBARING 3
15 Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! 16 Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg.
1 Korintiërs 1:1-9
4 Ek dank my God altyd oor julle vir die genade wat Hy in Christus Jesus aan julle geskenk het, 5 want in Hom het God julle in alles ryklik geseën, veral in die gawes van woord en kennis.