PSALMS 32
U het my skuld vergewe
5Toe het ek my sonde bely,
my oortreding nie weggesteek nie.
Ek het gesê:
“Voor die Here bely ek my opstandigheid;”
en U het my skuld vergewe. Sela
Psalm 33
4 Wat die Here sê, gebeur,
alles wat Hy doen, staan vas.
5 Hy het geregtigheid en reg lief,
die hele wêreld is vol van die Here se troue liefde.
