Lewendige uitsending: 29 Januarie 2023
Die video sal beskikbaar word sodra die lewendige uitsending begin. Die opname van die video sal na die preek geplaas word.
TEKS: Romeine 12: 3-5, 9 -21 DIE NUWE LEWE IN CHRISTUS 3 Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het. 4Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. RIGLYNE VIR DIE CHRISTELIKE LEWE 9 Die liefde moet opreg wees.Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. 10 Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld. 11 Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here. 12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. 13 Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid. 14 Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie. 15 Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur. 16 Wees eensgesind onder mekaar. Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie eiewys wees nie. 17 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. 18 As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. 19 Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: “Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld,” sê die Here. 20 “As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte.” 21 Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.
0 Comments