Preek: 11 September- 40 Dae Week 5 2022

Lewendige uitsending: 11 September 2022

Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon. Besoek die web op u selfoon, kies die gepaste preek en maak gebruik van die sosiale meda skakels om dit te versprei

Die video sal beskikbaar word sodra die lewendige uitsending begin. Die opname van die video sal na die preek geplaas word

Kyk na die lewendige uitsending op hierdie bladsy of besoek die NGV YouTube Channel om na die uitsending daar te kyk

KRY DIE 40 DAE INLIGTING OP ONS 40 DAE BLADSY INSLUITENDE DIE DAGSTUKKIES VIR DIE WEEK

DEEL U ERVARING VAN DIE 40 DAE DEUR U KOMMENTAAR TE PLAAS HIERONDER OF REAGEER OP ANDER KOMMENTAAR REEDS GELEWER.

Teksgedeelte:

Teks:  Genesis 1:
GOD SE SKEPPINGSWERK
11 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2 Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.
3 Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!”
En daar was lig.
4 God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. 5 God het die lig toe “dag” genoem, en die donker het Hy “nag” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag.
6 Toe het God gesê: “Laat daar 'n gewelf wees tussen die waters om die waters van mekaar te skei.”
7 So het dit gebeur.
God het die gewelf gemaak en die waters onder die gewelf geskei van die waters bo die gewelf. 8 God het die gewelf “hemel” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die tweede dag.
9 oe het God gesê: “Laat die waters onder die hemel op een plek bymekaarkom sodat die droë grond sigbaar word.”
So het dit gebeur.
10 God het die droë grond “aarde” genoem, en die waters wat bymekaargekom het, het Hy “see” genoem. En God het gesien dit is goed.
11 Toe het God gesê: “Laat daar uit die aarde groenigheid voortkom, groen plante wat saad gee en vrugtebome op die aarde, wat elkeen na sy aard vrugte dra en waarvan die saad in sy vrug sit.”
So het dit gebeur.
12 Die aarde het groen plante laat uitspruit wat elkeen na sy aard saad gee, en bome wat vrugte dra met die saad daarin, elkeen na sy aard. En God het gesien dit is goed. 13 Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die derde dag.
14 Toe het God gesê: “Laat daar ligte wees aan die hemelgewelf om dag en nag van mekaar te skei. Hulle moet ook as tekens dien om seisoene, dae en jare aan te dui. 15 Hulle moet ligte wees aan die hemelgewelf om op die aarde lig te gee.”
So het dit gebeur.

Jeugdiens: 11 September 2022

Lentefees 2022

Lentefees 2022

Ons bedank almal wat betrokke was by ons suksesvolle Lentefees, Loer gerus na ‘n paar fotos van die lentefees.