Teks: Mark 4: 26-28
Die gelykenis van die saad wat vanself groei
26Verder het Hy gesê: “Met die koninkryk van God gaan dit só: Iemand saai die saad op die land 27 en gaan slaap en staan op, dag na dag, en die saad ontkiem en groei – hóé weet hy self nie. 28 Vanself bring die aarde die graan voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die vol koringaar. 29 En wanneer die graan ryp is, steek hy dadelik die sekel in, omdat die oestyd daar is.”
2 Kor 4: 5-7
5 Ons verkondig nie onsself nie, maar Jesus Christus as die Here, en onsself as julle dienaars ter wille van Jesus. 6 God wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons harte ‘n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal.
‘n Skat in kleipotte
7 Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.