Teks: Psalm 139
13 U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.
14 Ek wil U loof, want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep.
Wat U gedoen het, vervul my met verwondering.
Dit weet ek seker:
15 geen been van my was vir U verborge
toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie,
toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.
16 U het my al gesien toe ek nog ongebore was,
al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.
17 Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God,
hoe magtig hulle almal!
18 As ek hulle sou wou opnoem – hulle is meer as wat daar sand is,
en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê.
19 As U tog maar die goddelose uit die weg wou ruim, o God!
Gaan weg van my af, julle moordenaars!
20 Dit is hulle wat bose planne teen U smee, wat so vals teen U optree.
21 Moet ek u haters dan nie haat nie,
Here, moet ek nie ‘n weersin hê in mense wat teen U in opstand is nie?
22 Ek haat hulle met ‘n uiterste haat, want hulle is ook my vyande.
23 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak.
24 Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!