9 Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe.
10 Hy wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie.
Johannes 9 1 Terwyl Jesus wegstap, sien Hy ‘n man wat van sy geboorte af blind was. 2 Sy dissipels vra Hom toe: “Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s’n?” 3 En Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en…