Die gebed van Paulus vir die Efesiërs
14 Daarom kniel ek in gebed voor die Vader 15 aan wie die hele gemeenskap van gelowiges in die hemel en op die aarde sy bestaan te danke het.
Efs 3
9 Ek moet aan almal bekend maak hoe God, die Skepper van alle dinge, nou sy verborge plan uitvoer nadat Hy dit deur al die eeue geheim laat bly het. 10Maar nou het God die ryke verskeidenheid van sy wysheid deur die kerk bekend laat word aan elke mag en gesag in die hemelruim,