Preek 14 Augustus: Week 1: 40 Dae 2022

Opname van Lewendige uitsending: 14 Augustus 2022

Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon. Besoek die web op u selfoon, kies die gepaste preek en maak gebruik van die sosiale meda skakels om dit te versprei

Die video sal beskikbaar word sodra die lewendige uitsending begin.

Kyk na die lewendige uitsending op hierdie bladsy of besoek die NGV YouTube Channel om na die uitsending daar te kyk

KRY DIE 40 DAE INLIGTING OP ONS 40 DAE BLADSY INSLUITENDE DIE DAGSTUKKIES VIR DIE WEEK

DEEL U ERVARING VAN DIE 40 DAE DEUR U KOMMENTAAR TE PLAAS HIERONDER

Teksgedeelte:

Teks:  Johannes 9 1-7 & 25
JESUS GENEES 'N MAN WAT BLIND GEBORE IS
9 1  Terwyl Jesus wegstap, sien Hy 'n man wat van sy geboorte af blind was. 2  Sy dissipels vra Hom toe: “Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s'n?”
3 En Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s'n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word. 4 So lank as dit nog dag is, moet ons die werk doen van Hom wat My gestuur het; die nag kom, wanneer niemand kan werk nie. 5 Terwyl Ek in die wêreld is, is Ek die lig vir die wêreld.”
6 Nadat Hy dit gesê het, spoeg Hy op die grond en maak met die spoeg 'n bietjie klei aan. Toe smeer Hy die klei aan die man se oë 7  en sê vir hom: “Gaan was jou in die Siloambad.” Siloam beteken die een wat gestuur is.
Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
25 Daarop het hy gesê: “Of hy 'n sondaar is, dit weet ek nie. Een ding weet ek wel: ek was blind, en nou sien ek.”

0 Comments

Add a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Captcha loading...