Erediens logo

Opstandings Sondag: 31 Maart 2024

Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon. Besoek die web op u selfoon, kies die gepaste preek en maak gebruik van die sosiale meda skakels om dit te versprei. ONTHOU: Druk op die oranje klokkie links onder om kennisgewing van nuwe items op die NGV Web te ontvang op u rekenaar en selfoon! Onthou om u internetleser (browser) en u selfoon se “notification” verstellings aan te pas om boodksappe van www.ngv.co.za te ontvang


Teks: Mark 16: 1-8; Rom 8:11, 1 Kor 15: 17-20, 1 Tes 4: 14

MARKUS 16
Jesus het opgestaan
(Matt. 28:1-8; Luk. 24:1-12; Joh. 20:1-10)
1 Toe die sabbatdag verby was, het Maria Magdalena en Maria die ma van Jakobus, en Salome reukolie gekoop om die liggaam daarmee te gaan balsem.
2 Die Sondagmôre baie vroeg kom hulle by die graf aan net toe die son opkom. 3 Hulle vra toe vir mekaar: “Wie sal vir ons die klip voor die ingang van die graf wegrol?”
4 Die klip was baie groot, maar toe hulle opkyk, sien hulle dat dit klaar weggerol is. 5 Toe hulle in die graf ingaan, sien hulle ‘n jongman aan die regterkant sit met lang wit klere aan, en hulle het groot geskrik.
6 “Moenie skrik nie!” sê hy vir hulle. “Julle soek Jesus van Nasaret, wat gekruisig is. Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie. Kyk, daar is die plek waar hulle Hom neergelê het. 7 Maar gaan sê vir sy dissipels en in die besonder vir Petrus: Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het.”
8 Hulle het uit die graf uitgegaan en weggehardloop terwyl hulle gebewe het van die skrik. Hulle het vir niemand anders iets daarvan gesê nie, want hulle was bang.

1 Kor 15: 17-20
17 En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. 18Dan is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore. 19 As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.
20 Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het.

0 Comments

Add a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Captcha loading...