Die video sal beskikbaar word sodra die lewendige uitsending begin. Dit is gewoonlik 5-10 minute voor die diens.
Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon. Besoek die web op u selfoon, kies die gepaste preek en maak gebruik van die sosiale meda skakels om dit te versprei. ONTHOU: Druk op die oranje klokkie links onder om kennisgewing van nuwe items op die NGV Web te ontvang op u rekenaar en selfoon! Onthou om u internetleser (browser) en u selfoon se “notification” verstellings aan te pas om boodksappe van www.ngv.co.za te ontvang
Teks: EFESIËRS 1
18 Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 19 en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag 20 wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: 21 hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. 22 Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. 23 Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.