Die video sal beskikbaar word sodra die lewendige uitsending begin. Dit is gewoonlik 5-10 minute voor die diens.
Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon. Besoek die web op u selfoon, kies die gepaste preek en maak gebruik van die sosiale meda skakels om dit te versprei. ONTHOU: Druk op die oranje klokkie links onder om kennisgewing van nuwe items op die NGV Web te ontvang op u rekenaar en selfoon! Onthou om u internetleser (browser) en u selfoon se “notification” verstellings aan te pas om boodksappe van www.ngv.co.za te ontvang

Teks: Psalm 22:
U het my gebed verhoor
1 Vir die koorleier: op die wysie van “Die wildsbok van die daeraad”. ‘n Psalm van Dawid.
2 My God, my God, waarom het U my verlaat
en bly U ver as ek om hulp roep?
3 My God, ek roep bedags en U antwoord nie,
ook snags, maar ek kry geen rus nie.
19 Hulle verdeel my klere onder mekaar
en trek lootjies oor my mantel.
20 En U, Here – moet tog nie so ver bly nie,
Bron van my krag, help my tog gou!
21 Red my van die swaard,
my kosbare lewe uit die mag van die honde.
22 Red my uit die bek van die leeu
en tussen die horings van die wilde beeste uit.
U het my gebed verhoor!
23 Ek sal tot eer van u Naam getuig in die gemeente,
U in die volle vergadering prys.
28 Mense oor die hele wêreld sal die Here erken
en hulle tot Hom bekeer.
Alle volke sal Hom as koning erken,
29 want die koningskap behoort aan die Here;
Hy heers oor die volke.
30 Al die rykes van die wêreld sal ook aan dié maaltyd deelneem
en Hom as koning erken,
ja, alle mense, sterflik en verganklik, sal voor Hom kniel.
31 Die nageslag sal Hom dien,
en hulle sal van die Here vertel aan die volgende geslag.
32 Dié sal dan aan die volk wat nog gebore moet word
van hierdie verlossingsdaad getuig:
die Here het dit gedoen.