Die video sal beskikbaar word sodra die lewendige uitsending begin. Dit is gewoonlik 5-10 minute voor die diens.
Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon. Besoek die web op u selfoon, kies die gepaste preek en maak gebruik van die sosiale meda skakels om dit te versprei. ONTHOU: Druk op die oranje klokkie links onder om kennisgewing van nuwe items op die NGV Web te ontvang op u rekenaar en selfoon! Onthou om u internetleser (browser) en u selfoon se “notification” verstellings aan te pas om boodksappe van www.ngv.co.za te ontvang
Teks: Genesis 1
God se skeppingswerk
1 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2 Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.
3 Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!”
En daar was lig.
4 God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. 5God het die lig toe “dag” genoem, en die donker het Hy “nag” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag.
6 Toe het God gesê: “Laat daar ‘n gewelf wees tussen die waters om die waters van mekaar te skei.”
7 So het dit gebeur.
God het die gewelf gemaak en die waters onder die gewelf geskei van die waters bo die gewelf. 8 God het die gewelf “hemel” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die tweede dag.
9 Toe het God gesê: “Laat die waters onder die hemel op een plek bymekaarkom sodat die droë grond sigbaar word.”
So het dit gebeur.
10 God het die droë grond “aarde” genoem, en die waters wat bymekaargekom het, het Hy “see” genoem. En God het gesien dit is goed.
11 Toe het God gesê: “Laat daar uit die aarde groenigheid voortkom, groen plante wat saad gee en vrugtebome op die aarde, wat elkeen na sy aard vrugte dra en waarvan die saad in sy vrug sit.”
So het dit gebeur.
12 Die aarde het groen plante laat uitspruit wat elkeen na sy aard saad gee, en bome wat vrugte dra met die saad daarin, elkeen na sy aard. En God het gesien dit is goed. 13Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die derde dag.
14 Toe het God gesê: “Laat daar ligte wees aan die hemelgewelf om dag en nag van mekaar te skei. Hulle moet ook as tekens dien om seisoene, dae en jare aan te dui. 15Hulle moet ligte wees aan die hemelgewelf om op die aarde lig te gee.”
So het dit gebeur.
Teks en Visuele Opsomming
Die inhoud hieronder is deur Kunsmatige Intelligensie geskep om te dien as gestruktureerde samevattende teks en visuele opsomming en poog om daardeur van waarde te wees vir beter konteks, begrip en refleksie. Advies: Hou die teks byderhand indien daar na die preek geluister of gekyk word.