Die video sal beskikbaar word sodra die lewendige uitsending begin. Dit is gewoonlik 5-10 minute voor die diens.
Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon. Besoek die web op u selfoon, kies die gepaste preek en maak gebruik van die sosiale meda skakels om dit te versprei. ONTHOU: Druk op die oranje klokkie links onder om kennisgewing van nuwe items op die NGV Web te ontvang op u rekenaar en selfoon! Onthou om u internetleser (browser) en u selfoon se “notification” verstellings aan te pas om boodksappe van www.ngv.co.za te ontvang
Teks: JESAJA 12
God is my Redder
1 Op daardie dag sal jy sê:
“Ek loof U, Here!
U was kwaad vir my,
maar U is nou nie meer kwaad nie
en U het vir my uitkoms gegee.
2 God is my redder;
Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie.
Die Here my God is my krag en my beskerming;
Hy is my redder.”
3 Met blydskap sal julle water skep
uit die fonteine van redding.
4 Op dié dag sal julle uitroep:
“Loof die Here,
roep sy Naam aan,
maak sy dade onder die volke bekend
en verkondig dat sy Naam groot is.
5 Sing tot die eer van die Here, want Hy het groot dinge gedoen,
maak dit aan die hele wêreld bekend.
6 Jubel en juig, inwoners van Sion,
want groot is die Heilige van Israel
en Hy is by julle!”