Die video sal beskikbaar word sodra die lewendige uitsending begin. Dit is gewoonlik 5-10 minute voor die diens.
Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon. Besoek die web op u selfoon, kies die gepaste preek en maak gebruik van die sosiale meda skakels om dit te versprei. ONTHOU: Druk op die oranje klokkie links onder om kennisgewing van nuwe items op die NGV Web te ontvang op u rekenaar en selfoon! Onthou om u internetleser (browser) en u selfoon se “notification” verstellings aan te pas om boodksappe van www.ngv.co.za te ontvang
Teks: Matt 17: 1-9
Die verheerliking op die berg
(Mark. 9:2-8; Luk. 9:28-36)
1 Ses dae later het Jesus vir Petrus en Jakobus en sy broer Johannes saamgeneem en hulle op ‘n hoë berg gebring waar hulle alleen was. 2 Daar het sy voorkoms voor hulle oë verander: sy gesig het begin straal soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig. 3 Skielik het Moses en Elia aan hulle verskyn en met Jesus gepraat.
4 Toe sê Petrus vir Jesus: “Here, dit is goed dat ons hier is. As U wil, sal ek hier drie hutte bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia.”
5 Terwyl hy nog praat, het ‘n helderligte wolk skielik sy skaduwee oor hulle gegooi, en ‘n stem uit die wolk het gesê: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.”
6 Toe sy dissipels dit hoor, het hulle baie bang geword en op die grond neergeval. 7 Maar Jesus het na hulle toe gekom, hulle aangeraak en gesê: “Staan op en moenie bang wees nie.”
8 Toe hulle opkyk, het hulle niemand gesien nie, net Jesus alleen.
Die koms van Elia
(Mark. 9:9-13)
9 Terwyl hulle van die berg afkom, het Jesus hulle beveel: “Wat julle gesien het, moet julle vir niemand vertel voordat die Seun van die mens uit die dood opgewek is nie.”