NGV Banier

40 Dae Week 1: 13 Augustus 2023

Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon. Besoek die web op u selfoon, kies die gepaste preek en maak gebruik van die sosiale meda skakels om dit te versprei. ONTHOU: Druk op die oranje klokkie links onder om kennisgewing van nuwe items op die NGV Web te ontvang op u rekenaar en selfoon! Onthou om u internetleser (browser) en u selfoon se “notification” verstellings aan te pas om boodksappe van www.ngv.co.za te ontvang

DEEL U ERVARING VAN DIE PREEK DEUR U KOMMENTAAR TE PLAAS HIERONDER OF REAGEER OP ANDER KOMMENTAAR REEDS GELEWER. LEWER GERUS OOK KOMMENTAAR OP DIE NG VILLIERIA E-DEELBORD


Die betekenis van die letters op die vingers

Die hande wat teen mekaar gedruk is een van die simbole van gebed maar sluit ook aan by die vyfhoek van verskeie hande fotos wat ons kerk se waardes simboliseer. Hande vat simboliseer ‘n kollektiewe optrede. Hande teen mekaar gedruk is vir Christene ‘n ikoniese simbool van gebed maar daar is geen verwysing na die gebaar as simbool van gebed in die Bybel nie. In die Bybel word daar bae verwys na hande wat opgehef of uitegesprei word in gebed. Hande wat saam gevou word is blykbaar in die Romeinse tyd die teken van oorgawe gewees sodat dit vas gebind kan word. Hieruit kan afgelei word dat die eerste Christene die praktyk oorgeneem het om hul onafhanklikheid van God te simboliseer. Hierteenoor is dieselfde praktyk ook sigbaar by ander gelowe.

Hande is deel van die liggaam en daarom gepas om die fisiese teken te wees wat gebruik kan word tydens die 40 dae reeks. In kontras met vorige 40 dae se simbole is dit maklik om as metafoor gebruik te word. Ironies, volgens my, belyn die toekenning van letters I PRAY aan ons vyf vingers en die lengte van elke vinger met die kern van die Onse Vader. Miskien was it ook logies vir ander reeds?

Elke vinger dra by tot die optimale funksie van die hand:

Die “I” is op die duim, wat die kortste vinger is en in saamgevoude hande wys na die persoon wat bid. Soos ons gehoor het tydens die preek vandag fokus die onse Vader gebed weg van die persoon maar eerder op God en die verheerliking van God.

Die “P” (PAUSE) op die wysvinger “wys” baie kere na iets toe maar in hierdie geval wys dit vir ons om rustig te raak met eerbied want dit wys na God en met wie ons eintlik met ontstag in gesprek tree.

Die letter “R” (REJOICE) is die langste vinger want dit is moontlik die belangrikste deel van gebed Die uitdeelstuk noem pertinent dat die deel van die gebed se doel is om die Vader se naam te heilig en daarom is die “belangrikste en lekkerste dimensie van gebed”.

Daar kan seker boedele oor die ironie van die ringvinger waaraan die “A” (ASK) toegeken word geskryf word. Die vinger is die tweede langste vinger wat genade uitbeeld omdat God ons toelaat om hom te vra vir ons behoeftes maar binne die grense van wat die duim en die pinkie simboliseer, waaraan die letter “Y” toegeken word.

Die kleinste vinger, die Pinkie “Y” (YIELD) het een van die belangrikste funksies om ons te herninner aan ons sondige natuur en om vir vergifnes te vrae. Baie tekstgedeeltes in die Bybel en veral in die Nuwe Testament fokus op vergifnis

Bogenoemde is ‘n paar los gedagtes om moontlik te help om die struktuur van gebed maklik te verstaan en aan kinders te verduidelik. Moontlik het iemand dit ook al op skrif gestel en indien dit bestaan kan dit gerus hier gedeel word deur kommentaar hieronder te los.

Dit is ook moontlik dat iemand die vyf letters van G E B E D ook al aan ons vingers toegeken het wat ook van waarde kan wees. Ek glo dat as mens die Skrif mooi gaan ontleed ons moontlik die antwoord van God op ons gebede kan saamvat en kan koppel aan die vingers van die regterhand wat teen die linkerhand gedruk word.

UITDAGING AAN GEMEENTE EN SELGROEPE:

Verander of voeg by, by bogenoemde simboliese interpretasie van die rol van vingers en die struktuur van die Onse Vader of die antwoord / optrede / beloftes / voorwaardes van God, Jesus, en die Heilige Gees op ons gebede. U is welkom om insette hierop te lewer.

sELGROEPE

Week 1

0 Comments

Add a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Captcha loading...