Teks: Lukas 19
Jesus en Saggeus
1 Jesus het in Jerigo gekom en was op pad deur die stad. 2 Daar was ‘n man met die naam Saggeus, die hooftollenaar, ‘n ryk man. 3 Hy het geprobeer om Jesus te sien, maar weens die skare kon hy nie, omdat hy te kort was. 4 Hy hardloop toe vooruit en klim in ‘n wildevyeboom om Jesus te kan sien, want Hy sou daar verbygaan. 5 Toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sê vir hom: “Saggeus, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan.”
6 Hy het toe gou afgeklim en Jesus met blydskap ontvang.
7 Almal wat dit gesien het, het beswaar gemaak en gesê: “Hy gaan by ‘n sondige man tuis!”
8 Maar Saggeus het opgestaan en vir die Here gesê: “Here, ek gaan die helfte van my goed vir die armes gee, en waar ek iets van iemand afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.”
9 Daarop sê Jesus: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom; ook hierdie man is ‘n kind van Abraham. 10 Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.”
0 Comments