Romeine 12:
4 Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. 5 Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar.
Romeine 12
2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.