Kol 1: 1-14
9 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, 10sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God.
Romeine 12:
14 Seën julle vervolgers, ja, seën hulle,
moet hulle nie vervloek nie.
15 Wees bly saam met dié wat bly is
en treur saam met dié wat treur.