Die video sal beskikbaar word sodra die lewendige uitsending begin. Dit is gewoonlik 5-10 minute voor die diens.
Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon. Besoek die web op u selfoon, kies die gepaste preek en maak gebruik van die sosiale meda skakels om dit te versprei. ONTHOU: Druk op die oranje klokkie links onder om kennisgewing van nuwe items op die NGV Web te ontvang op u rekenaar en selfoon! Onthou om u internetleser (browser) en u selfoon se “notification” verstellings aan te pas om boodksappe van www.ngv.co.za te ontvang
Teks: Romeine 8: 5 – 8
5 Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die sondige natuur, maar dié wat hulle deur die Gees laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die Gees. 6 Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede. 7 Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, is immers vyandskap teen God. Die sondige natuur onderwerp hom nie aan die wet van God nie, dit kan trouens ook nie. 8 Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, kan nie die wil van God doen nie.
Teks en Visuele Opsomming
Die inhoud hieronder is deur Kunsmatige Intelligensie geskep om te dien as gestruktureerde teks en visuele opsomming en poog om daardeur van waarde te wees vir beter konteks, begrip en refleksie. Advies: Hou die teks byderhand indien daar na die preek geluister of gekyk word.