Teks:
Matt 18
1 In daardie tyd het die dissipels by Jesus gekom met die vraag: “Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?”
2 Hy het ‘n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan 3 en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. 4 Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. 5 En wie so ‘n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.”
0 Comments