Die video sal beskikbaar word sodra die lewendige uitsending begin. Dit is gewoonlik 5-10 minute voor die diens.
Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon. Besoek die web op u selfoon, kies die gepaste preek en maak gebruik van die sosiale meda skakels om dit te versprei. ONTHOU: Druk op die oranje klokkie links onder om kennisgewing van nuwe items op die NGV Web te ontvang op u rekenaar en selfoon! Onthou om u internetleser (browser) en u selfoon se “notification” verstellings aan te pas om boodksappe van www.ngv.co.za te ontvang
Teks: Matt 4: 1-11
Die versoeking in die woestyn
(Mark. 1:12-13; Luk. 4:1-13 (Kliek die teks verwysing om te lees)
1 Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. 2 Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword.
3 Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” 4 Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe:
“’n Mens leef nie net van brood nie
maar van elke woord
wat uit die mond van God kom.”
5 Daarna neem die duiwel Hom na die heilige stad toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan 6en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe:
“Hy sal sy engele oor jou opdrag gee
“en:
“Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ‘n klip sal stamp nie.”
7 Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.”
8 Toe neem die duiwel Hom na ‘n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag 9en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.”
10 Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe:
“Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.”
11 Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg.
Erediens teks en visuele opsomming
Kliek hier om die opsomming af te laai