Erediens logo

Erediens: 2 Junie 2024

Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon. Besoek die web op u selfoon, kies die gepaste preek en maak gebruik van die sosiale meda skakels om dit te versprei. ONTHOU: Druk op die oranje klokkie links onder om kennisgewing van nuwe items op die NGV Web te ontvang op u rekenaar en selfoon! Onthou om u internetleser (browser) en u selfoon se “notification” verstellings aan te pas om boodksappe van www.ngv.co.za te ontvang


Teks: 1 Samuel 3: 1-10

Die eerste openbaring aan Samuel
1 Die seun Samuel het die Here gedien onder toesig van Eli. Die woord van die Here is in daardie tyd min gehoor, daar was nie dikwels openbarings nie. 2 Eli se oë het al swak begin word, hy kon nie meer goed sien nie. Vroeg een môre het Eli nog op sy slaapplek gelê, 3 en die lamp van God het nog helder gebrand. Samuel het ook nog gelê in die tempel van die Here waar die ark van God was, 4 en toe roep die Here na Samuel.
Samuel het geantwoord: “Ek kom!”
5 Hy het na Eli toe gehardloop en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.”
Maar Eli sê: “Ek het nie geroep nie! Gaan lê maar weer.”
En Samuel het gaan lê.
6 Die Here het weer na Samuel geroep, en hy het opgestaan, na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.”
Toe sê Eli: “My seun, ek het nie geroep nie! Gaan lê maar weer.”
7 Maar Samuel het nog nie die Here geken nie, want die woord van die Here was nog nie voorheen aan hom geopenbaar nie. 8 Die Here het Samuel toe ‘n derde keer geroep, en hy het opgestaan en na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.”
Toe besef Eli dat die Here die seun geroep het, 9 en Eli sê vir Samuel: “Gaan lê en as iemand jou weer roep, sê jy: Praat, Here, u dienaar luister!”
Samuel het toe gegaan en op sy slaapplek gaan lê.
10 Die Here het gekom en gaan staan en soos die vorige kere geroep: “Samuel, Samuel!”
En Samuel sê: “Praat, Here, u dienaar luister!”

0 Comments

Add a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Captcha loading...