Erediens logo

Erediens: 14 Januarie 2024

Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon. Besoek die web op u selfoon, kies die gepaste preek en maak gebruik van die sosiale meda skakels om dit te versprei. ONTHOU: Druk op die oranje klokkie links onder om kennisgewing van nuwe items op die NGV Web te ontvang op u rekenaar en selfoon! Onthou om u internetleser (browser) en u selfoon se “notification” verstellings aan te pas om boodksappe van www.ngv.co.za te ontvang


Teks: Markus 1: 4-11

43 Die volgende dag wou Jesus na Galiléa vertrek; en Hy het Filippus gekry en vir hom gesê: Volg My.
44 En Filippus was van Betsáida, uit die stad van Andréas en Petrus.
45 Filippus het Natánael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het: Jesus, die seun van Josef van Násaret.
46 En Natánael sê vir hom: Kan daar uit Násaret iets goeds wees? Filippus antwoord hom: Kom kyk.
47 Daarop sien Jesus Natánael na Hom toe kom en sê van hom: Hier is waarlik ‘n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.
48 Natánael sê vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en sê vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.
49 Natánael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel!
50  Jesus antwoord en sê vir hom: Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit.
51  En Hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens.

0 Comments

Add a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Captcha loading...