Johannes 17: 25“Regverdige Vader, die wêreld ken U nie, maar Ek ken U, en hulle hier weet dat U My gestuur het. 26Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak, en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle.”
Jona 1
16 Die manne het toe baie bang geword vir die Here en hulle het vir Hom ‘n offer gebring en geloftes afgelê.
Hulp kom net van die Here af
17 Toe stuur die Here ‘n groot vis om vir Jona in te sluk, en hy was drie dae en nagte in die vis se maag.