Romeine 15
12 En Jesaja sê ook: “Isai sal ‘n nakomeling hê, en Hy sal opstaan om die nasies te regeer;
op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.” 13 Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!
Romeine 12:
14 Seën julle vervolgers, ja, seën hulle,
moet hulle nie vervloek nie.
15 Wees bly saam met dié wat bly is
en treur saam met dié wat treur.