HELPLIFT PROGRAM – NG VILLIERIA
Liewe Vriende in Christus,
Die Helplift program van NG Villieria is daarop gemik om alle barmhartigheids geleenthede van die Gemeente (en selfs buite die Gemeente) onder een vaendel te koordineer. Dit gaan ook beteken dat ons in staat sal wees om noodsituasies te kan hanteer, hetsy met raad en daad, vrywilligers se hulp en selfs met anonieme skenkings. Ons doel is om so veel moontlik die nood in ons Gemeente en in ons gemeenskap waar moontlik te verlig. Op die manier kan ons ook dan ons Gemeente se tema vir 2018 ‘Gestuur om…’ uitleef
Ons gaan op ‘n gereelde basis ‘n nuusbrief uitstuur om u op hoogte te hou van enige behoefte/s, maar ook van enige vordering wat gemaak is. Vir die eerste Nuusbrief sal daar gebruik gemaak word van die kerk se databasis.
Indien u nie die Nuusbrief via internet wil ontvang nie, is u welkom om my te laat weet. Daar kan ook gereël word dat u die Nuusbrief eerder op papier ontvang, indien u dit sou verkies. Ons wil graag ‘n databasis spesiaal vir die Helplift program opbou. Dit sal in verskillende kategorieë verdeel word na gelang van die situasie. Sodoende kan ons soveel as moontlik situasies (indien nie almal) aanspreek.
Elke situasie en elke vrywilliger/skenker sal met die grootste respek en privaatheid hanteer word. Die epos adres waarna u enige inligting kan stuur, hetsy vir nood of hulp; is helplift.ngv@gmail.com. Soos wat die Helplift program meer en meer uitbrei, gaan ons stoorspasie nodig hê. Indien u van enige bekostigbare vrag ‘container’ weet wat ons daarvoor kan gebruik, sal ons dit waardeer Ek stel myself dus bekend as die
kordineerder van die Helplift program van NG Villlieria.
Groete in Christus
Louise Maree (Sel. 084 626 0642)