Sondag 06 September
09:00 Erediens: Ds Anru Liebenberg
Teks: Genesis 41
40 Dae Reeks – Week 4, Tema: Finansies en vrede?
09:00 Ignite Kidz – In die saal.
17:00 Ignite Jeugselle (Gr7-11)
18:30 Echo – diens
Woensdag 09 September – 09:30 – Senior Bordspeletjies.
Donderdag 10 September – 09:30 – Senior Bybelstudie
40 Dae Reeks: Week 4 Sondag 6 September

Week 4: Finansies en vrede?
Dominees uitnodiging
Ons dominees wil graag met jou kuier.
Hospitaal en siekebesoeke.
Sommer net ‘n koffie.
Huisbesoek of waaroor jy wil kuier.
Skakel een van die dominees of die kerkkantoor vir ‘n afspraak
Lees hier hoe om ‘n skakel na die NGV web op u foon se tuisskerm te sit
NUWE lIDMATE:
Baie welkom aan alle besoekers. Indien jul lidmate van ons gemeente wil word, stuur asb ’n epos na ngvillieria@gmail.com of besoek die inligtingstafel na die diens
Bybels
Daar is gratis Bybels in die ingangsportale vd kerk beskikbaar. Neem gerus een en gee dit aan iemand wat soek. Bring asb ook jou “ekstra” Bybels wat jy wil skenk en sit dit daar neer.
Lentefees

Na verlde jaar se suksesvolle Pik-en-Proe-geleentheid, het ons besluit om dit weer te doen hierdie jaar, as deel van ons Lentefeesvieringe. Die tema is “Island-hopping” om die Wêreld. (spanne van 6+ mense kan inskryf). Elke span maak sy stalletjie volgens die tema op, en bedien slegs een dis / drankie van daardie spesifieke eiland / land. Sodra die spanne bevestig is, sal die rëelings deurgegee word. Elke span kry ’n begrootte bedrag sodat dit nie jou sak ruk nie. Kaartjies sal beskikbaar wees vanaf 23 Augustus ( 17:00–21:00) teen R100 pp (kinders onder 10 is gratis). Kry jou vriende, familie, selgroep ens bymekaar en kom skryf GRATIS in vir hierdie lekker gesellige dag! Kontak gerus vir die kerkkantoor of vir Floris om meer uit te vind. HOU DIE SPASIE DOP VIR MEER INLIGTING!