Teks: Psalm 126
Verander tog ons lot, Here!
1 ‘n Pelgrimslied.
Toe die Here die lot van Sion verander het,
was dit vir ons soos ‘n droom.
2 Ons het gelag en gesing.
Onder die nasies het hulle gesê:
“Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.”
3 Die Here hét groot dinge aan ons gedoen;
ons was bly.
4 Verander tog ook nou ons lot, Here,
soos U droë spruite in die Suidland
in waterstrome verander.
5 Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring.
6 Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra,
hy kom juigend terug
terwyl hy sy gerwe dra.