Teks: Psalm 23
Die Here is my herder
1 ‘n Psalm van Dawid.
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
2 Hy laat my rus in groen weivelde.
Hy bring my by waters waar daar vrede is.
3 Hy gee my nuwe krag.
Hy lei my op die regte paaie
tot die eer van sy Naam.
4 Selfs al gaan ek deur donker dieptes,
sal ek nie bang wees nie,
want U is by my.
In u hande is ek veilig.
5 U laat my by ‘n feesmaal aansit,
terwyl my teëstanders moet toekyk.
U ontvang my soos ‘n eregas,
ek word oorlaai met hartlikheid.
6 U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly
en ek sal tuis wees in die huis van die Here
tot in lengte van dae.