Weeklikse Gids
Sondag 11 Januarie
09:00 Erediens: Masurick vd Walt
Ignite Kidz & Ignite skop weer volgende week af!
Ons sien uit om al die kinders en jongmense weer te sien.

Liewe Gemeente,
Daar is geen manier hoe ek die groot DANKIE wat in my hart leef, kan verwoord nie.
Die afgelope paar maande met Derick se hospitalisasie , en toe later sy afsterwe, was vir my ‘n donker tyd, maar met al die liefde en ondersteuning wat ek daagliks van hierdie kosbare gemeente ontvang het,
kon ek staande bly en nog steeds die Lig sien en ervaar.
Ek het ware omgee aan my lyf gevoel.
Baie baie dankie.
Julle is my vangnet, en sal dit dalk vir lank nog wees.
Liefde,
Marlene en kinders.
Teeskink na Eredienste:
Om saam te kuier na die erediens is vir ons ‘n belangrike deel van gemeente wees. Ons kort egter elke Sondag mense om te help dat dit kan gebeur (ongeveer 5 mense per Sondag is nodig). Indien jy en jou gesin, familie, selgroep, vriendekring wil help, kontak asb die kerkkantoor en bied jou hulp aan. Alles sal mooi verduidelik word.
NG Villieria Gemeentekamp (13 – 15 Maart 2026)
Kom geniet ‘n heerlike naweek saam met ons by Bush ‘n Buck Private Game Farm
(90km vanaf die kerk – uit op die Beestekraal pad).
Kom gee asb jou naam op by die inligtingstafel of by die kerkkantoor as jy jou plekkie wil bespreek!
Program: Vrydag is almal rustig op hul eie… Saterdag oggend het ons ‘n lekker ken-mekaar geleentheid, en braai as Gemeente saam die Saterdag aand (vure, brode en slaaie word verskaf, almal bring hul eie vleis, drinkgoed en eetgerei). Sondag oggend hou ons ‘n buitelug kerkdiens voor almal weer vertrek huistoe. Die res van die naweek kuier almal saam met hul gesinne / vriende en nuwe kennisse. Die kostes hier onder is vir die naweek se verblyf.
· Kampeer / Karavaan (Gedeelde Ablusies) = R1 350 (5 mense per staanplek)
· Kampeer / Karavaan (Eie Ablusie op staanplek) = R1 550 (5 mense per staanplek)
SLEGS 1 Steeds beskikbaar.
Los kamer (slaap 2 – Dubbelbed, Deel ablusie met ander kamers) = R1 450
SLEGS 2 kamers nog beskikbaar.
Klein Chalet (Slaap 4 – Een Dubbel bed, 2 enkel “bunk beds”) = R2 150
SLEGS 1 chalet nog beskikbaar.
Die volle bedrag moet asb teen einde Januarie 2026 betaal wees. Betaal asb in die Kerk se rekening, maar ONTHOU om jou naam en “Kamp” as verwysing op te sit!
(epos bewys van betaling aan ngvillieria@gmail.com)